skip to main content
Language:
Search Limited to: Search Limited to: Resource type Show Results with: Show Results with: Search type Index

Die sogenaamde gaping tussen getuienis en beleid: Die geval van die De Lange-verslag

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 2018-12, Vol.58 (4-2), p.861-886

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License. ;ISSN: 2224-7912 ;DOI: 10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a1

Digital Resources/Online E-Resources

Citations Cited by
  • Title:
    Die sogenaamde gaping tussen getuienis en beleid: Die geval van die De Lange-verslag
  • Author: Wessels, JS ; Pauw, JC
  • Subjects: Economics ; Education, Scientific Disciplines ; Humanities, Multidisciplinary ; Language & Linguistics ; Literary Theory & Criticism ; Literature ; Literature, African, Australian, Canadian ; Social Sciences, Interdisciplinary
  • Is Part Of: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 2018-12, Vol.58 (4-2), p.861-886
  • Description: Hierdie artikel belig die literatuur oor die gaping tussen wetenskaplike getuienis en beleid binne die konteks van bewysgebaseerde of, soos ons dit gaan noem, navorsingsgesteunde beleid vanuit die studie van ʼn klassieke geval in Suid-Afrika, naamlik die sogenaamde De Lange-verslag na die onderwys van 1981. Ons vrae is: tot watter mate het die betrokke verslag wel gedien as grondslag vir die opdraggewer, naamlik die regering van die dag, se daaropvolgende beleid oor onderwys, en hoe kan die verhouding tussen die opdraggewer en agent verstaan word? Die De Lange-verslag en die daaropvolgende prosesse van beleidsformulering word in hierdie artikel gebruik as ʼn geval om die diskoers oor navorsingsgesteunde beleid te beoordeel. Die verslag wat in 1981 verskyn het, is ons fokus. Ons ontleding van hierdie dokument is aangevul met insigte vanuit sekondêre bronne wat oor die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN)-ondersoek na die onderwys gepubliseer is, asook deur persoonlike onderhoude en argiefwerk met rolspelers vanuit daardie tyd. Hierdie artikel lewer ʼn tweërlei bydrae, naamlik tot die geskiedenis van navorsingsgesteunde beleidmaking in Suid-Afrika, en tot die sogenaamde gaping tussen twee gemeenskappe (navorsers en beleidmakers) as verklaring vir die beperkte invloed van navorsing op beleid. Die studie het bevind dat die mate waartoe die RGN-ondersoek na die onderwys wel regeringsbeleid beïnvloed het, ʼn direkte gevolg was van die mate waartoe dit die veelvoud van partypolitieke hindernisse en navorser-beleidmaker kompleksiteite kon oorkom. Dit is inderdaad ʼn eiesoortige geval wat buite die bestek van die algemeen geldende teoretiese beskouings oor navorsingsgesteunde beleidmaking val.
  • Publisher: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
  • Language: Portuguese
  • Identifier: ISSN: 2224-7912
    DOI: 10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a1
  • Source: SciELO

Searching Remote Databases, Please Wait